May 3, 2012

The Price of civilization

A rest day in Milange. Taking a day off takes time. Something that i have a lot of nowadays. Although a day off the bike seems to take forever to pass. Quickly looked at some comments on the blog, signal doesnt really allow it, but thanks a lot everyone, nice knowing people are paying some attention to the ramblings of the maloco mzungu. Gerda thanks for keeping Hammie alive and well;)

In any case. A rest day takes time.
Gee sowel as vra. Gee tyd om wasgoed te was, fiets reg te maak, sak reg te maak, myself voor te berei sowel as heeltemaal te veel tyd om na te dink. Vra ook baie, word meer getref deur goed wat mens op fiets dalk nog bietjie verder in jou brein kan wegsit en later oor dink. Laat mens ook afvra waarom presies ek hier is en hoekom en doen wat ek doen. Alhoewel elke tweede persoon wil dit ook weet. Weer terug in Mozambiek. Malawi sal ek beskryf as die land wat ek die minste graag weer wil sien, maar wat vir van die beste oomblikke sover gesorg het.

Die stap in die Mulanje berge was n besonderse hoogtepunt (no pun intended) op die trippie. 'Rolling hills and soaring peaks'. Soos ruben gese het, dit is iets was op my bucketlist was. En dalk nu op repeat is. Soortgelyk met die fietsry is daar baie tyd om te dink met die stap. Dalk omdat dit minder inspanning is, of dalk omdat mens se brein nou nie vasgestrap word deur n helmet nie, was my gedagtes heel meer filosofies van aard as die meer gereelde, trap trap hou net aan met trap;). Wel tot n mate ten minste.

Baie gewonder oor wat presies nou die voordele en nadele van ons moderne samelewing was. Klara wat nounet terug is uit Korea het die afrikaanse geselskap net so baie soos ek geniet. Op daai noot, dankie ruben, klara en die madams vir n ongelooflike meelewing van die berge. Alhoewel dit was bietjie vreemd en intimiderend om 5 witmense op dieselfde plek te sien. Het agtergekom baie van die gesprekke gaan ver by my verby, daar is nie soveel tyd om oor trivial goed energie te mors op die fiets nie. Nie altyd so eenvoudig nie, maar iets gebeur of dit doen nie, min rede om energie te mors op n 'wat as' gedagte trein. Nogsteeds was n ongelooflike ervaring om bietjie op mulanji rond te loop en net alles te beleef. Terug punt toe.

Ek wens ek kon iets skryf wat betekenisvol n verskil in iemand se lewe maak. Iets wat iemand die waarde van die klein goedtjies kan laat insien. Iets wat sal maak dat die mense wat het, weer sal omgee vir mekaar, n sin van gemeenskap kan skep gemeenskap het soos wat ek die afgelope maand ervaar het. Iets wat mense rerig sal laat stop en nadink oor al ons voorregte, gawes en mors van tyd en energie. To force someone to take stock of their lives...'tomorrow will be the best day of his life'.
Ongelukkig is die werklikheid dat ek nie die talent het om so iets reg te kry nie. Waarskynlik het mense ook nie meer tyd of lus om so iets te lees nie. En dit is wat my aan die dink gesit het oor wat ons opgee vir ons 'moderne' samelewing. In plaas daarvan om nou vir n jaar af te rammel oor ervarings en belewenisse en ernstig te raak...

Klara, wat nu van die meer moderne kant van die wereld af terugkom het verleer hoe om afrikaans te praat. By tye engels ook. Ek het vergeet hoe om 'goeie' gesprekke te voer met mense, goeie ding ek is maar n stiller mens. Na die mees ongelooflikste uitsigte op die berg en oomblikke van net stilword en die skepping ervaar ry ek by die berg af in beskawing in, en die eerste ding wat ek hoor is 'give me my money'. Ek het geleer dat in n moderne samelewing mens visse skil. Ook hoe hard ons geraak het, eintlik vir elke trappie wat ons klim op die saf en gemaklike/moderne lewe gee ons ten minste een of twee af op die nie omgee en hard raak vir ander mense se probleme. En ons het sag geword. Elke keer as ek die vrouens(en kinders) sien wat hout of water uit die berge aan aandra word mens hard daaraan herinner, baie van daai bondels hout kan ek nie eers optel nie. En die ouens wat tot 4ander mense op n fiets erens heen vervoer. Nie dat hulle dit vir plesier doen soos ek nie, maar dit is nogal n indrukwekkende gewig om te sleep.

Aan die ander kant is ek ook heel gelukkig om n meer 'modern savage' te wees. Toe ek vandag n ketel kan aansit en water kook binne n paar minute was dit n wonderlike back to reality oomblik gewees. Maar alles wat mense so verskriklik belangrik en nodig ag in ons moderne samelewing, voel my is dikwels die goed wat veroorsaak dat ons verby mekaar leef en vergeet van mekaar.

Nie dat dit moontlik is om orals n verskil te maak nie. As ek n rand moes gee vir elke persoon wat al gebedel het by my net in malawi sou dit meer as my totale trip se kostes wees. En ek moes werk om myself te sponsor om hier te kom (baie dankie vir die mense wat my wel uitgehelp het, anders sou my kosbudget nou net mooi klaar wees). Dalk is die ideaal maar om die ou wysheid van die vorige geslagte te volg. Weet enige van ons nog werklik wat n gebalanseerde leefstyl behels? Is daar nog so iets? Is dit moontlik om te leer, oorleef, om te gee en uit te reik in dieselfde mates?
So voor ek myself heeltemaal verloor in my filosofiese rusdag gedagtes is dit tyd om weer tee te maak...

2 comments:

  1. Voorspoed "Boskind" Make the most of this amazing journey It's an awesome experience ........enjoy!

    ReplyDelete
  2. This is fantastic ! If you can -- absorb it all !
    Voorspoed Boskind

    ReplyDelete