Ons sein was min en het gister eers gehoor van die stygende covid-getalle in SA en Namibië. Ons dink daarom aan al ons familie en kenisse wat positief getoets het.
Dit was 'n vol week en daarom soveel stories om te deel. Ons het Namibië suid tot noord getoer en bevind onsself tans in Etosha, 'n vreemd-beskaafte kontras tot die 'wild camp' en afsondering van die afgelope week.
Kaokoland en Damaraland was vir ons moeilik om agter te laat. Dis n spesiale stuk aarde.
Ek dink baie oor die pad. Namibië is die maklikste dele van ons toer in baie opsigte, die paaie is geskraap, die weer is mooi, die winkels volop en die mense Afrikaans. Maar om 'voltyds' te kamp vra klein maar merkbare aanpassings in lewensstyl.
Voorbeeld:
Die drinkwater is brak. Die periodes tussen klere was raak langer. Die periodes tussen harewas en stort is heelwat langer. Die hoeveelheid koffies per dag verminder na slegs een koppie per persoon per dag (en mens koester elke slukkie van hom). Jou hakstene is gebars. Jy kyk waar jy trap, let op wat jy sien, en raak weer ekonomies oor hoe jy goed gebruik. Batterye, verkoeling, warm water - dis alles toordery! En pro-vitas is weer lekker en wortels soet. Met elke fase van die toer sal ons nog aanpassings en toegewings moet maak, maar vir my en August is dit klein pryse om te betaal vir die vreugde van die langpad!
Ons noordwaartse roete moes vir eers stop by die groot Kunene, want Angola se grens is al sedert Desember toe vir toerisme. Ná Etosha mik ons Caprivi strook toe en daarvanaf na Zambië en Botswana, as alles goed gaan.
Vandeesweek se hoogtepunte sluit in: woestynolifante wat ons kamp kom besoek in die nagtelike ure by Brandberg; renosterspore in die sandpad; die rotskuns en erfenis by Twyfelfontein; dat ons The Patriot ontmoet het sowel as Major Tom (albei ry Toyotas); kamp en stap by Epupavalle; 'n epic, verlate twee-dag 4x4 in die Hoarosib rivier canyon (August sê hy dink meer mense het al Everest geklim as wat daardie pad oorleef het).
Laagepunte (of goeie stories) sluit in: dat ons sonpaneel omgewaai het en nou in n duisend stukkies is (uhm, naaste plaasvervanger in Windhoek..?); dat die cruiser in 'n bietjie sinksand vasgesit het vir so paar uur in die rivierloop; oosweer in Swakopmund; dat ons die verkeerde duin 45 geklim het (face palm); en dat die swartrenoster ons ontduik het.
Mag die ooptes en eenvoud van die langpad jul inspireer in die week wat kom.
Ydi
NS. daar is ook aspekte van 'voltyds kamp' wat presies dieselfde is as by die huis. Aug los nogsteeds sy klere op die vloer (van die cruiser).
Vir fotos kyk gerus op instagram (jammer daarvoor) #socialmedia #watisdit
@overlandtrip2021
"It's a dangerous business, Frodo, going out your door. You step onto the road, and if you don't keep your feet, there's no knowing where you might be swept off to..."
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Still coming home
Coming back seems to take a while emotionally. We miss the slowness and the simplicity of things - not rushing off to finish self-inflicted ...
-
So the official rematch was on. Woke up got ready and hit the road to Jonkershoek, getting used to the extra weight of the backpack but stil...
-
So with two days left to get to Mulanje which was only 85km away the long way round the mountain seemed like a good plan. Wasn't too sur...
-
Survived hippo camp and was on the way again. The aim was to firstly make it to Iringa, stay over and the next day have a easy 50km ride to ...
No comments:
Post a Comment