08 July 2021

Paar hoogtepunte van Noordelike Botswana

Hoogtepunte van die laaste week:
>
> -Om 4 wildehonde te sien draf deur die gras tydens 'n pragtige Savuti sonsondergang
> -Khwai rivier, toe 'n groot, statige olifant die rivier oorsteek by ons kamp (so 5m weg)
> -Die klank van hiënas en leeus vanuit die tent
> -Ontmoetings en interaksies met Setswana of met ander overlanders, soms kampvuurkuiers, soms net bietjie small talk met 'n gids of park ranger, maar altyd verrykend en goed
> -Rivierkruisings met die cruiser
> - Goatsmeat by shoprite gekry - proe bietjie soos tjoppies, net bietjie taaier
> - Het 'n safari company se voertuig help uitsleep, in ruil vir aanwysings na twee cheetas onder n boom
>
> Laagtepunte van die afgelope week
>
> - Ons het een van ons spaarwiele, wat onder die motor monteer was, verloor. Die kabel moes gebreek het met 'n rivierkruising of op n slegte pad. Het 60km op ons spore teruggery opsoek daarna (bande is duur) maar nie gekry nie.
> - 'n Paar stukke pad waarna mens voel jou brein is losgeskud. En lyfseer. #eerstewereldprobleme
> - Wanneer die stoele so op mekaar rattle dat dit klink of daar 'n tikmasjien in die kar is.
> - Ydi se eerste poging tot roosterkoek
> - Dat selfoonfotos nie vasvang hoe groot olifante regtig is nie
>
>

No comments:

Post a Comment

Still coming home

Coming back seems to take a while emotionally. We miss the slowness and the simplicity of things - not rushing off to finish self-inflicted ...