23 October 2021

Coming to our senses - ‘n bietjie pret

Dit het my (Ydi) gister getref dat ek baie lanklaas die geluid van 'n stofsuier gehoor het. Daar is baie 'alledaagse' dinge wat stelselmatig en amper geruisloos uit ons lewens verdwyn het en meeste daarvan mis mens nie regtig nie. Soms verlang ons na sekere smake, soos liquorice, of reuke soos fynbos in die berg met vriende.

Dit het nou 'n speletjie geword om aan dinge te dink wat ons lanklaas gehoor, gesien of geproe het. Veral Noord van Zambië waar die kettingwinkels van SA nog nie hul verskyning gemaak het nie. Die lys groei nog maar hier is 'n paar:

Kan nie onthou wanneer laas ons die volgende geruik het nie:
-'n coffee shop
-sigaretrook
-parfuum (of lekkerruikgoed) - ons gebruik net Tabard

Lanklaas of glad nie gehoor
- stofsuier
-'n haardroeër
-klank van 'n mikrogolf
-ons het lanklaas sirenes gehoor
-'n skoolklok

Lanklaas geproe of glad nie
-ys
-brood wat sout is
-brie of camembert, sien uit na die eerste happie!
-vars kruie, veral basil
-kortbeenhoender (Aug: normal size chicken thighs)
-jellielekkers
-ribs, skaaptjoppies

Lanklaas gesien of glad nie
- ons sien nogals min mense wat bril dra
- ek het lanklaas 'n skaap gesien
- KFC of enige franchises, hetsy hardeware, kruideniers of kitskos. Elke winkel is uniek
- 'n Bloemiste winkel of bos geplukte blomme
- 'n brandweerman of brandweerwa
- 'n Avo wat meer as R3 kos
- beeste met kort horings
- 'n insleepdiens of insleepkar
- 'n klein sakkie meel (30kg iemand?)
- 'n motorfietsryer sonder bagasie (hetsy meubels, passasiers, diere, pluimvee, boumateriale, charcoal sakke, doodskiste, fietse, glasplate, speakers, meelsakke, kleipotte ens.)
- 'n babawaentjie
- groente en vrugte in plastiek verpakking
- vroue met langbroeke en mans met kortbroeke
- mzungus
- 'n vulliswa of wheely bin. Mens waardeer hulle skielik meer
- active wear (die uitsondering was toe ons Uganda se padfietsspan sien oefen het, verder geen lycra of spandex vir maande nie)
-'n wasmasjien of laundromat. Ons het meer wilde honde as wasmasjiene gesien op ons trip

lanklaas GEBRUIK
- vyfde rat

PS dit gaan goed met ons, ons is tans in Tanzanië en hopelik binnekort in Malawi. Ons is nou 160 dae op die pad en het sopas 'n ander Suid-Afrkaner ontmoet - sy ry met haar motorfiets van Kaap tot Nairobi en terug - dapper!

No comments:

Post a Comment

Still coming home

Coming back seems to take a while emotionally. We miss the slowness and the simplicity of things - not rushing off to finish self-inflicted ...